wouter.grove
Contact
Cover of DromerW. GroveDromerwoordbeelde / beeldwoorde
← Books 2025 · Afrikaans poetry

Dromer

woordbeelde / beeldwoorde

By Wouter Grove

A small bundle of Afrikaans poems, each paired with one of my photographs: word-pictures and picture-words about growth, faith, love, travel, code, and waiting through long seasons.

Dromer (dreamer) is a small bundle of Afrikaans poems. Its subtitle, woordbeelde / beeldwoorde, means word-pictures and picture-words: every poem sits beside one of my own photographs, and each says something the other can’t.

The poems move between spring and long winters, mountains and airports, coffee and code, faith, love and the hard work of waiting. One of them, wat is liefde?, is an experiment: an AI wrote it, and the poem says so.

This is personal writing, not academic work. The poems are below, in the order of the book.

01 / 26

groen

Skaam klein stukkies groen beur boontoe, Buitentoe, Lewe toe Dor verdwyn en moë kleure word omsingel, Omring, Groen toe Pienk en geel en diep-rooi streef na die Son Saam bly, Lig toe Nuwe energie, nuwe groen, nuwe kleur, nuwe Groei Die lente is vir my mooi Groei-tyd

02 / 26

koffie

Gevoelens filter soos Espresso, Sterk deur my gemoed My eie Houseblend smaak maar deurmekaar My brein suiker aan sonder soetheid, bitter In my koppie roer jy soms nog, dan moet ek sterk wees en dis bitter bitter "Coffee is what makes civilized life possible in these demanding times"

03 / 26

berg lug

Elke asem en wasem proe vars Elke stukkie horison-kyk blink nat Elke blaar lewe Elke swaeltjie swewe En sing U lof Elke blik oor die berge verras Elke stukkie klip skitter diamant Elke grassie swewe Elke geluid lewe En sing U lof Ek kyk op na die berge U berge En ek sing

04 / 26

droom

Ek duik na die diep poele diep in die berge waaroor ek sal struikel en streef vir ‘n oomblik verlore in jou oë Verlore in die gange van jou hart hou ek vas aan elke milligram hoop Waaroor ek sal struikel en sweef Om vir ‘n oomblik saam te vertoef

05 / 26

koue koors

September skadus bewe teen die dak Blaargroen groei punt teen die wind Bloeisels warrel en val Koue verwar Lente kaggelvuur brand skadus raak Rook spatsels dans koud Blare waai klein en groen Energie verstar September is gebreek Maar eintlik is my hart maar net week Na ‘n lang, nat en donker winter het ek in die middel van die lente Koue koors

06 / 26

kruispad

Ek hoop ons paaie sal kruis iewers naby Lekkersing Ek hoop ons roetes sal saamloop iewers naby Krymekaar Ek hoop daar is geen Pofadder vir ons geen Bitterfontein Ek hoop daar is net vreugde vir ons op Kamieskroon se stasie op Hondeklipbaai se boot Diamante in al ons dae Vonkelfontein-dae my vennoot

07 / 26

diemat

God weef groot matte Die patroon so groot Die effek van afstand verstommend Die kleure bots pynlik Op die oog af die einde Maar God gee die afstand …En die vreugde is myne

08 / 26

‘n amsterdam se eende

Dié dam se mense is amper soos ons Maar net glad nie Dié klanke klink amper dieselfde in die straat Maar net glad nie Dié mense lyk amper soos ons Maar net glad nie Dié blik op die lewe is amper soos ons Maar net glad nie Dié dam is seker skoner, ryker en meer georden Ek kan seker daaraan gewoond raak Maar net glad nie Afrika is in ons Dis ons dam

09 / 26

ge- trein

Die gesigte staar na klein reghoekies Plat beelde van hoop en nuus en uitklim Uitklim uit die nimmereindigende vensterflitse Die groen gras buite die orde Die flitse van rebellie gespuitverf op die mure Langs die spore Gemaak net om verby te flits? Niemand staan stil nie Almal is oppad Na iewers toe ordelik voorspelbaar Maar moeg Ge-trein Ek dink jou drome kan maklik doodgaan as jy te ge-trein raak… Soek die groen🌿

10 / 26

the<code

Snippets of artificial logic Flutter across screens everywhere Instructions blindly instructing Loops blindly looping If this then what? Functions building constructs Variables recursively varying Reality blindly realising Parsing pasts into prediction If not this then what? Instructing reality’s form Forming the future’s norm (Norming the future’s form?) Learning blindly from itself Developing the real into fiction? If? If not? But never “why?” Why?

11 / 26

perfeksie

Om perfeksie te waardeer moet ‘n mens fyn deur die krake kyk Deur die skanse, die skerms, die maskers wat ons moet dra Na binne, na die diepte van die ware mens Na die diepte wat gebou is deur oorwinnings oor seer, oor pyn, oor die lewe wat gebeur Want wat oorbly na die seer, Wat bly staan na die storms, Wat bly skyn deur die donker, Wat oorbly is teer Maar dit is wat saakmaak Volmaak Perfek

12 / 26

druppel kwas

Die druppel kwas verf hard en diep vandag Die strepieas-lense vang die skaars ligstrale vir glinster oomblikke vas Voor die oomblik wegrol teen die glas En nog ‘n windspatsel druppel-skildery verskyn- verdwyn Seëndruppels Die Skilder weet ek sukkel die meesterstukke is diep pragtig, inspirerend, volmaak En onvoorspelbaar perfek Op die regte tyd volgens die Skilder se wet Seëndruppels Dankbaar

13 / 26

vlug

Tussen wolke Vlug ek weg Ver van grond Vlug voel reg Mistig orals Sig versleg Breek deur wolkmure Breek uit in die Lig Hou vas aan jou vlerke Leer vlieg uit jou vlug

14 / 26

sinne loos

Om sinneloos te wees is vreemd vir my Ek kry altyd darem woorde, want woorde maak my hart vry Maar my sinne is min, my woorde is op Die stukke motivering in my dag wil net stop So, hoe gaan ‘n mens sinneloos net aan? So, sonder woorde, in ‘n blinde wentelbaan? So dan versin ons maar weer nuwe sinne, nuwe woorde, nuwe dinge? Om nuwe sin te bou, uit die donkerte en die grou So, dan moet mens maar net (sinneloos) Vertrou?

15 / 26

hartsverlange

Hoe kan mens ophou wens Vir ‘n ander se hart? Hoe kan mens ophou wens Vir ‘n ander se pyn om joune te genees? Hoe kan mens ophou dink In terme daarvan? Boeta trek maar swaar Sy hart verlang ‘n hart Hoe laat ‘n mens sy lewe net ‘n slag bedaar? Dié dinge maak my klaar…

16 / 26

lughawe op 'n vrydag

Alles beweeg rondom my Alles vlieg weg Almal vergeet rondom my Almal lyk sleg Almal het baggasie Elke tas is 'n las Almal kyk voor hulle Hou vas aan wat was Almal kyk binne toe Deur 'n foon, met 'n tas Kyk na opstyg soontoe Met 'n foon, deur die glas Vrydae is anders Almal is moeg Vrydae is langer Moeg geswoeg Vrydae is anders Almal bly wroeg Vrydae is dieper Sien Krag agter die ploeg

17 / 26

butterflyballet

Butterfly Ballet Blue wings grasp and grip every molecule of freedom Embraces streams and flows of air Seemingly without any effort or care… But, wings fold gracefully, carefully in the storms… Safe, brittle and tender But still so majestically elegant in each moment of reflecting… In silence so strong, Through storms, so warm Being Thriving Dancing

18 / 26

rivier klippe

Die klippies rol en lê in die storm Die stroom-storm en rol die rondes rond, die klippe wat skuur teen my hart, en my vorm Want wie ek is, Is die klippie in die storm? Saamgesleur, deur die houe is ek gevorm? Geskuur, gevorm saamgesleur deur die storm Maar wat is die norm? Hoe oorleef die klip die storm? Is die norm wat my vorm? Of is die storm my vorm?

19 / 26

wat is liefde?

Liefde is ’n fluister in die wind, ’n sagte woord waar stilte stilte vind; ’n oogopslag, ’n sagte lag, ’n lig wat deur die donker wag Dit is nie net woorde, nie net dade, maar ’n dans van siele sonder skade; ’n brug wat tussen harte span, ’n reis wat saam en stil begin Liefde is geduld en ook verstaan, ’n hand wat help wanneer jy val; ’n luister oor die diepste pyn, ’n sonsopkoms ná elke reëndag-sein Dit is in die alledaagse klein, ’n beker tee, ’n drukkie fyn; In elke oomblik van pyn En rein en skyn wat is liefde?* En soms is liefde ook ’n letsel, ’n rou, onmeetbare beletsel; maar steeds, ten spyte van die seer, bly liefde kom—keer op keer So vra jy my wat liefde is: dit is ál wat waar is, mooi is, gewis; ’n vlam wat nooit sal stil verdwyn— ’n stukkie van mens, van hart, van pyn (*‘n algoritmiese opinie van ‘n AI outeur)

20 / 26

reispsalm

Ek kyk af na die berge, oor wolke en vlaktes heen Waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here Wat aarde en hemel gemaak het Hy sal nie toelaat dat jy val nie Hy wat jou beskerm slaap nooit nie Waarlik, jou beskermer hou jou in die holte van Sy hand Elke oomblik hou hy jou vas in jou vlug Die Here beskerm jou teen al die gevare, selfs die wat jou gedagtes oorheers terwyl jy sweef en die wêreld verbyflits Bedags sal die son jou nie brand nie En snags sal die maan se donker jou nie laat twyfel nie Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar Jou lewe sal hy vashou tussen die wolke Tussen die mis en reën sal hy jou Lig wees Van nou af tot jy veilig en ewig land Amen

Na Psalm 121

21 / 26

wind

Stukkies van my hart vladder rond In die wind, rond en bont Stukkies van my siel sluk swaar Wens jy was net elke dag daar Stukkies van my wens styg Op Drome verbode, moet stop? Stukkies van my hart kan nie bedaar Wens jy was net elke dag daar Ons twee se paaie verwaai, Verstrengel en dieper geraam Nuwe drome word gesaai Gewortel en groei geleidelik saam My hart is vol van jou Ek moet keer waar die wind my wil waai

22 / 26

rekonstruksie

Stukkies leef gesnipper in snippers Elke stukkie snipper sweef in die wind Heel en geheel Saam gevloei-perfek Saamgevloei Herbou U kind Seer Maar darem ook Heel

23 / 26

woordarmoede

Ek lei tans aan woord armoede My gedagtes is leeg geskryf en vaal My boek se blaaie staan stil en kaal En ek dink ek weet hoekom, is my vermoede Die lyne lyk skerp teen die wit My gedagtes neergepen in die niks My boek se blaaie afgespits En die leegheid bly, dis gewis Dis baie min dat ek nie met woorde kan verf nie Dis vreemd vir my om net ‘n vakuum in my kop te kry Dis seer vir my om in my leë kop te probeer bly Dis min dat ek nie in my brein kan delf nie, Woordverf kan vind nie, Skilder sinne kan maak nie Verlore in myself, so sonder woorde Arm Maar ek weet die woorde is daar Diep Dankbaar

24 / 26

nuwe seisoene

Soos die wind draai Skuif die sterre, Die son, die lug Die horison se lyne verdof al vroeër, word skieliker donker, word minder, later lig Om te wag vir nuwe seisoene is onmoontlik moeilik seer As die seisoen gedraai het in jou hart, is verder wag net smart, swart, donker weer Het die seisoen se draai enige keer? Soos die skadus swaai Skuif my hart, Die son laat my vlug Die dag van môre se lyne kwyn al meer, word skieliker swaarder, dra harder aan die gewig

25 / 26

sonwag

Ek is ‘n sonwag wat staar na die daglig wat kwyn Ek is ‘n sonwag wat wag vir die sonstrepe om te verdwyn Ek is ‘n sonwag wat my skaar by die kweinende strale wat aanhou… en aanhou skyn Tot die sonwag weifel voor die wonder, die nuwe nag, die skyn Wat verdwyn? Of wat as ons net wag? En wag? En? Droom?

26 / 26

sonsirkels

Een maal 'n jaar as die draai van die aarde bietjie stop Die dag van die jaar as ons stilstaan en tob As ons afkyk en terugkyk en wag, Sien ons nog 'n sonsirkel. Een maal 'n jaar as ons weer ons drome meet Elke keer wat ons al ons gister en more vergeet As ons omkyk en op kyk en lag, Sien ons nog 'n sonsirkel. As ons lag en gesels en kuier Word ons drome weer heerlik en wyer Word ons menswees weer 'n slag lieflik vol, Sien ons nog 'n sonsirkel. As ons mekaar weer 'n slag regtig raak sien As ons besef hoe baie Genade ons nie verdien Word ons kindwees weer 'n slag vol Sien ons nog 'n sonsirkel.

Dromer · woordbeelde / beeldwoorde · Wouter Grove, 2025 · Poems and photographs © Wouter Grove